top of page

Loffie-Lewe

21-215305_wheat-silhouette-at-getdrawings-illustration_edited.png

Ons hoof deel graag haar gedagtes:

Boodskap van die Skoolhoof

 

Ouers, Voogde en Leerders

 

Die Hoof en Personeel heet jul hartlik welkom by Laerskool Eloff!

 

Ons skool is gestig in 1940 en is hierdie jaar 83 jaar oud. Tussen hier en die hemel lê 'n lang reis vol genade. Dit is gewis ‘n nuwe era wat vir ons aangebreek het in 2020.

 

By Laerskool Eloff streef die gemotiveerde personeel heeltyd daarna om elke kind se belange te bevorder. Al die kinders word aangemoedig en ondersteun om hul volle potensiaal te bereik.

 

Dit is belangrik dat kinders nie net akademies vorder nie en daarom bied ons skool baie aktiwiteite aan. Deur sport en kultuur word ons kinders se horisonne verbreed. Ons moedig altyd massa-deelname aan om soveel moontlik kinders te betrek.

 

Die Afrikaanse-plattelandse atmosfeer skep ‘n skoolmilieu waar kinders sorgeloos kan lag, speel, ontwikkel en leer.

 

By Laerskool Eloff volg ons ‘n oopdeur-beleid en daarom verwelkom ons u positiewe insette.

 

Ek sluit af met ‘n Loffie-lied in my hart:

Eloff is ‘n skool van kleure en klank,

Dit is ‘n skool van oorvloed en dank!

        Dit is ‘n skool wat altyd hoër sal strewe! 

​

Louise van Niekerk

HOOF

Laerskool Eloff streef na die volgende:

Visie

Om alle leerders volledig toe te rus deur middel van doeltreffende onderrig en Christelike opvoeding om 'n Koningkryksburger en 'n goeie geballanseerde landsburger te word.

Missie

  • Om alle leerders te ontwikkel op akademiese, sport en kulturele gebied.

  • Om sosiale vaardighede van alle leerders te bevorder en uit te bou.

  • Om Christelike beginsels vas te lê en uit te leef. 

bottom of page